Elke derde en vierde Dinsdag van die maand gesels Palesa van Moneyweb met entrepreneurs oor hoe hulle hul besighede begin het, uitdagings oorkom het en nuwe geleenthede raakgesien het. Hoor meer oor hul stories, lesse en wenresepte, en kry praktiese raad en inspirasie vir jou eie entrepreneursreis.
Latest episodes
-
21 min
Die besigheid agter ’n veiliger werkplek
Johannes Pedro Lenge van Thupangeni Group deel sy ervaring van die opbou van ’n onderneming wat ander besighede help om veilig en doeltreffend te werk.
-
21 min
’n Plaas, ’n turksvy en ’n sakeplan
Andries Burger van Tahlia Farm vertel hoe hy en sy vrou, Alicia, hul stadslewe agtergelaat het en stap vir stap ’n onderneming rondom die plaas begin bou het.
-
24 min
Sy het Suid-Afrika op die fiets verteenwoordig, nou stem sy klaviere
Anriëtte Schoeman vertel van haar jare in die beroepsfietsrywêreld en hoe sy uiteindelik ’n heel ander rigting ingeslaan het as klavierstemmer.
-
22 min
Van tweedehandse markte tot nasionale sukses
Rene Kinghorn, stigter van Baby Boutique Online, vertel hoe haar besigheid van tweedehandse babamarkte tot ’n suksesvolle nasionale onderneming gegroei het.
-
24 min
Van ouma se koumbuis tot eie onderneming
Samantha Andreas, stigter van Shas Enterprise, vertel hoe haar besigheid ontstaan het en hoe sy deur uitdagings navigeer.
-
24 min
’n Besigheid gebou in die middel van ’n pandemie
Francois Breedt, stigter van Amity Perfumes, kyk terug op die afgelope ses jaar en vertel hoe ’n klein begin tot ’n groeiende onderneming uitgebou is.
-
19 min
Die resep agter Xpresso se sukses
Nicolene Elhadad van Xpresso Café gesesls oor die storie agter die besigheid, asook die uitdagings en hoogtepunte van entrepreneurskap.
-
17 min
Van MasterChef tot meester-entrepreneur
Andriette Georgiou vertel hoe sy Mondvol in ’n suksesvolle onderneming omskep het.
-
21 min
Hoe ’n Paarlse tegnologiemaatskappy die advieswêreld verander
Martha Kokememoer, stigter van Headspace Technologies, gesels oor die storie agter die besigheid en hoe hulle finansiële adviseurs help om hul inkomste beter te bestuur.
-
22 min
Heuning, harde werk en ambisie
Nico Grobler, stigter van Honey Bee Group, deel die reis van ’n konsep tot ’n gestruktureerde besigheid.
-
23 min
Hoe Schoonhuid ware skoonheid herdefinieer
Quintinn van Rensburg, stigter van Schoonhuid, gesels oor hoe hierdie besigheid gegroei het van ’n persoonlike storie tot ’n handelsmerk wat fokus op natuurlike produkte en selfver…
-
21 min
Van pizzabokse tot finansiële vryheid
Danei Rall, medestigter van FinMaster, gesels oor hoe hul kreatiewe onderneming speletjies gebruik om mense op ’n praktiese manier van begrotings, beleggings en welvaartskepping te…
-
20 min
’n Smaak van Nederland wat ’n Suid-Afrikaanse droom bou
Karike Norval, eienaar van Holland Bakery, deel die bakkery se geskiedenis.
-
21 min
Hoe ’n matrasonderneming deur leer en aanpas bly groei
Rudo Kemp, stigter van Sloom, gesels oor sy agtergrond en die storie agter Sloom.
-
20 min
Van konsep tot kantoor
Conrad Burger, stiger van X Furniture, verduidelik hoe hy ’n gaping in die mark raakgesien het en dit in 'n groeiende besigheid omskep het.
-
22 min
Suikervry en suksesvol
Viljoen de Kock, medestigter van GUDGU, kort vir “Goedheid uit die grond uit”, gesels oor hoe ’n persoonlike uitdaging ontwikkel het tot ’n gewilde produkreeks.
-
18 min
Die toekoms van waterverkope
Andries Venter van Water ATM gesels oor Water ATM, ’n besigheid wat 24/7 toegang tot gesuiwerde water bied deur middel van outomatiese, kontantlose masjiene.
-
25 min
Bou, herfinansier, herhaal
Darren Francis, ’n bekroonde eiendomsbelegger en skrywer, gesels oor die storie agter EMT Square Property Developers.
-
22 min
Van klein kombuis na landwye rakke
Elana Bruwer van Elana’s gesels oor hoe sy haar voedselverwerking-onderneming op hul plaas, Drie Eike, naby Robertson opgebou het.
-
20 min
Die bou van ’n premium fietsry-handelsmerk
Freddie Enslin, medestigter van CIOVITA, vertel die storie agter die handelsmerk.